Koperpype gesteel by Gautengse hospitaal

Die Progressiewe Gesondheidsforum in die buurland versoek die Gautengse departement van gesondheid om die sekerheid by die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal te hersien. Dit volg op berigte van twee voorvalle waarin koperpype gesteel is. Een van die gesteelde pype het suurstof verskaf aan die hospitaal se hoof-waakeenheid. Die forum het verder bevestig misdadige optrede is ook by ander gesondheidsinstellings aangemeld. ʼn Woordvoerder, Aslaam Dasoo, sê die departement van gesondheid moet sekerheid by openbare hospitale opskerp.