Kopenhagen-skietery: Dit was nie terreur nie

Die Deense polisie sê vier mense is in ’n kritieke toestand nadat hulle beseer is in die skietery Sondag by ’n winkelsentrum in Kopenhagen, Denemarke. Drie mense is dood. Polisiehoof Soren Thomassen, het die media toegespreek en sê daar is tans geen aanduiding dat die skietery ‘n “terreurdaad” was of dat die verdagte saam met ander opgetree het nie. Hy sê daar was ‘n soort beraadslaging en voorbereiding deur die verdagte maar het geen verdere besonderhede bekend gemaak nie.