Tesourie probeer Eskom se R400 miljard skuld herstruktureer

Die Nasionale Tesourie in Suid-Afrika werk volgens berigte aan ‘n oplossing om Eskom se skuld van 400 miljard Suid-Afrikaanse rand te herstruktureer. Die instelling het by verskeie geleenthede aangevoer sy skuld sal hanteerbaar wees indien dit tot sowat 200 miljard rand halveer word. ‘n Woordvoerder van die Tesourie, Duncan Pieterse, sê hulle wil bepaal watter deel van die skuld kan na die soewereine balansstaat verskuif word en wat die voorwaardes vir so ‘n stap sal wees. Die regering sê Eskom se skuld moet so hanteer word dat die billik en regverdig teenoor alle rolspelers is.