Kool & the Gang-stigter sterf

Een van die stigterslede van die soul-funk-groep van die 1970’s en 80’s, Kool & the Gang, het gesterf. Volgens ‘n berig op Facebook is die 70-jarige Dennis Thomas die naweek in New Jersey rustig in sy slaap dood. Hy was die groep se saksofoonspeler, fluitspeler, perkussiespeler en seremoniemeester by vertonings. Die groep was een van die gewildste in hul era met treffers soos Celebration en Get Down On It. Hulle musiek is ook gebruik in verskeie rolprente, soos Pulp Fiction. Hulle het in 1978 ‘n Grammy-toekenning ontvang vir die musiek in Saturday Night Fever.