Kooklolie sal nog vir ‘n geruime tyd duur bly
Die Landbou Sakekamer van Suid-Afrika sê die prys van kookolie sal vir nog ‘n geruime tyd hoog bly. Indonesië is die jongste land wat die uitvoer van palmolie verbied het. Die uitvoerverbod val saam met die uitvoerprobleme in die Swartsee-gebied, wat sowat twee-derdes van die wêreld se sonneblomolie verskaf. Die kamer se woordvoerder, Wandile Sihlobo, sê die verbod op uitvoer deur ‘n sleutelverskaffer sal die voorraad van palmolie in die komende maande in die streek ontwrig: