Kontrak aan Gupta-maatskappy om in New York vir ANC te bou, onwettig verklaar

Die Appèlhof het ‘n kontrak onwettig verklaar wat aan ‘n maatskappy in die Gupta-stal toegeken is om ‘n nuwe diplomatieke hoofkwartier van 3 miljard Suid-Afrikaanse rand vir Suid-Afrika in Manhattan, New York, te bou. Die projek vir ‘n moderne kantoor- en woonkompleks vir Suid-Afrika se diplomate, is gefinansier met ‘n deposito van 164 miljoen Suid-Afrikaanse rand van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking. Die hof het egter beslis die tender aan ‘n gesamentlike onderneming tussen die Simeka-groep en die Gupta-gekoppelde Regiments Capital in Mei 2016, is ongeldig.