Kontantvloei-inkomste vertoon beter in SA

‘n Studie deur die Buro vir Marknavorsing het onthul kontantvloei-inkomste in Suid-Afrika het met 8,5 persent gestyg. Data toon dit het tussen 2021 en 2022 met sowat 4,9 miljard Suid-Afrikaanse rand toegeneem. Volgens Jacolize Meiring van die buro verdien 73,7 persent van die land se volwasse bevolking minder as 6 110 rand per maand terwyl 3,3 persent tot 52 000 rand per maand verdien. Meiring sê Suid-Afrika het steeds ongelykheid wat inkomste betref: