Kontant werk beter as kospakkies

Kontant oorbetalings werk volgens die Wêreldvoedselprogram in Namibië beter as om voedselpakkies te skenk aan behoeftiges. Danksy ‘n skenking deur die EU-kommissie se burgerlike beskerming en humanitêre bystandsinisiatief, kan die oorbetalings deur die program voortgaan. Die program sê die betalings staan families by met beter koopkrag wat weer besighede en informele handelaars ondersteun. Dit laat ook ‘n groter verskeidenheid voedselsoorte toe wat diëte verbeter. Wanvoeding in kinders jonger as vyf jaar neem ook af.