Kontant wat met renosterhoring verbind word, gevind 

Die Namibiese polisie het laat Donderdagnag op Kamanjab kontant van 86 500 Namibiese dollar gevind. Die geld word verbind met die stroop van ‘n renoster in die Etosha Nasionale Park. Die polisie sê die renoster is tussen 7 en 14 November geskiet en beide sy horings is verwyder. Die verdagte het die horings verkoop en die mag sê die kontant wat gevind is, is vir die horings betaal. Die ondersoek duur op die oomblik voort, en is intelligensie aangedrewe.