Konsultasies oor Whk se beplanning

Stad Windhoek vergader volgende week met verskeie belanghebbendes in verband met sy stedelike- en streeksbeplanning. Die munisipaliteit het Urban Dynamics aangestel om ‘n strategiese plan in die verband, wat tussen 2021 en 2014 geïmplementeer sal word, saam te stel. Die vergaderings is daargestel om die publiek in te lig oor die beplanning en sal volgende week Maandag begin en op 13 November ten einde loop.