Konserwatiewe Party het beter leierskap nodig

Die Verenigde Koninkryk se voormalige minister van Gesondheid, Sajid Javid, sê die Konserwatiewes het ‘n leier nodig wat geloofwaardige beloftes maak, mense bymekaar bring en moeilike besluite in nasionale belang neem. Daar is tans elf name in die hoed om die Britse eerste minister, Boris Johnson, te vervang nadat hy verlede week bedank het. Javid sê die afgelope paar jaar is die Tory-party se reputasie oor die meeste waardes en beleide geskend: