Koningin Elizabeth veilig na personeellid positief vir Covid toets

Koningin Elizabeth is veilig en gesond nadat ’n personeellid op die Balmorallandgoed in Skotland, waar sy tans vakansie hou, positief vir die koronavirus getoets is. Die personeellid is Saterdag positief getoets en is huis toe gestuur, het internasionale nuus berig. Buckingham-paleis het by navraag gesê prosedures geld indien ’n lid van enige span van die personeel Covid-19 sou opdoen. Die bioborrel wat om die 95-jarige koningin en haar ontslape man, prins Philip, gevorm is met die aanvang van die pandemie, geld steeds om die monarg te beskerm.