Koningin Elizabeth doen Covid op

Koningin Elizabeth het positief getoets vir Covid-19 en toon ligte verkoueagtige simptome. Die 95-jarige koninklike was in direkte kontak met haar oudste seun en troonopvolger, die Prins van Wallis, wat verlede week positief getoets het. Buckingham-paleis sê die koningin sal voortdurende mediese sorg ontvang en alle toepaslike voorsorgmaatreëls sal gevolg word. Dit paleis voeg by sy sal na verwagting hierdie week voortgaan om ligte pligte uit te voer. Eerste minister Boris Johnson het die monarg ‘n vinnige herstel toegewens en die hoop uitspreek dat sy spoedig weer goeie gesondheid sal geniet.