Kondjore en Kerina kry staatsbegrafnisse

Die Namibiese inligtingsministerie het bekendgemaak wyle eerwaarde Willem Kondjore en Mburumba Kerina sal elk met die goedkeuring van President Hage Geingob ‘n staatsbegrafnis ontvang. Konjore het op 11 Junie in Lady Pohamba Privaatshospitaal weens ‘n longinfeksie gesterf. Kerina is vroeër die week op die ouderdom van 89 dood. Hy word daarvoor erken dat hy Namibië sy naam gegee het.