Kommissie sluit sy ondersoek na NPI af

Die Namibiese Mededingingskommissie het volgens wat berig word sy ondersoek na Namib Mills wat na bewering weier om deur sy Namib Poultry Industries pluimveeprodukte aan klein en medium ondernemings te verskaf, voltooi. Die kommissie het klagtes ontvang dat die maatskappy weier om produkte soos hoenderlewer, vleis, eiers en hoendernekke aan kleinsake ondernemings te verkoop en sê hy het ‘n permanente koper vir daardie produkte. Die ondersoek is aan die kommissieraad oorhandig vir ‘n besluit.