Kommissie moet stembriewe gee aan APP

Die verkiesingshof het beslis dat die Namibiese Verkiesingskommissie die bederfde stembriewe van die November verkiesings by die Ndonga Linena kiesafdeling vir die All People’s Party beskikbaar stel. Die party het die kommissie hof toe gesleep in die verband. Volgens hom was daar 57 stembriewe wat bederf is maar, 40 behoort aan die party toegeken te word. Die kommissie het 15 dae om die party toegang tot die briewe te gee. Sou die party aan die hof kan bewys dat die stembriewe stemme vir hom verteenwoordig sal die party die kiesafdeling oorneem.