Kommissie gee meer inligting oor pensioenfonds-ondersoek

Die Namibiese mededingingskommissie het meer inligting oor sy ondersoek na pensioenfondse bekend gemaak. Die kommissie het bevind dat die mark in verband met die administrateurs van pensioenfondse inderdaad een is wat as ‘n oligopolistiese mark beskou kan word. Opsigself is dit nie ‘n slegte ding nie  omdat dit verwys na ‘n markstruktuur waarin ‘n klein aantal firmas die groot meerderheid van die markaandeel het, in teenstelling met ‘n monopolie waar een firma die mark behou. Dina Gowases, woordvoerder van die kommissie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.