Kommissie begin aankope vir ’24-verkiesing

Die Namibiese Verkiesingskommissie het ses tenders uitgesit soos hy voorberei vir volgende jaar se verkiesings. Die waarde is meer as 10 miljoen Namibiese dollar. Hy het rekenaar-toerusting, ook hardeware vir sy hoof rekenaarstelsel, aangevra, sowel as meubels en kamptoerusting, skryfbehoeftes en ander kantoor-goedere. Sy gesteelde skootrekenaars is ook deur die tenders vervang. Oudergewoonte het talle sogenaamde Investment en Trading maatskappye getender. Die duurste kwotasie vir kampstoele en tente was 3,6 miljoen dollar met die goedkoopste op amper 726 000 dollar maar, dit is onbekend wat die hoeveelhede is omdat dit nie bygevoeg is nie. Die kommissie sal ook tussen 143 000 en 2,7 miljoen dollar bestee op pyltjies wat registrasiepunte aandui en ander produkte soos baniere en meer.