Namibiese sportminister woon konferensie oor die gebruik van opkikkers in sport by

Die Namibiese sportminister, Agnes Tjongarero, asook Victoria Katukula en Roger Kambatuku, woon tans die agtste Konferensie van die Gebruik van Opkikkers in Sport by Unesco se hoofkwartier in Parys in Frankryk by. Volgens die Namibiese ambassadeur in Frankryk, Albertus Auchamub is die forum die sleutelgeleentheid om kwessies rakende die toekoms van sport en die gebruik van opkikkers in sport te bespreek. Die Sportskommissie se hoof-administrateur, Freddy Mwiya, verduidelik hoe belangrik bewusmaking van die gebruik van opkikkers onder atlete is.