Kommer oor Zondo se ‘Gupta-uitlatings’

Die Suid-Afrikaanse parlement se voorsittende beamptes het hulle kommer uitgespreek oor onlangse uitlatings van hoofregter Raymond Zondo. Hy het verlede week gesê indien nog ‘n Gupta-tipe oorname van die staatskas sou plaasvind, parlementlede dit waarskynlik nie sou kon keer nie. Die parlement se woordvoerder, Moloto Mothapo, sê hulle wag op die voorlegging van die plan van aksie om oorsig te verseker oor die instelling van die staatskapingsverslag se aanbevelings: