Kommer oor vyf miljoen werklose jeug in SA

Mashobane Raadgewende Dienste sê meer moet gedoen word om die gaping van werkloosheid in die land te oorbrug. Dit volg op Statistieke Suid-Afrika se werkloosheids-data vir die tweede kwartaal van 2022 wat aandui daar is meer as vyf miljoen werklose jeug wat nie studeer of in opleiding is nie. Die stigter en uitvoerende hoof van Mashobane, Anastasia Mashobane, sê mentorskap-programme kan ‘n rol speel om werkloosheid onder die jeug te verminder.