Kommer oor verkiesingshervorming
Die Organisasie teen Belastingmisbruik beskuldig die buurland se binnelandse sake-minister, Aaron Motsoaledi, daarvan dat hy verkiesingshervorming belemmer het toe hy ‘n belangrike sperdatum misgeloop het. Die organisasie het kommer uitgespreek aangesien die sperdatum in die Verkiesingswysigingswet vir die instelling van die Verkiesingshervormings-raadplegingspaneel tegnies verby is. Rachel Fischer van Outa sê ondanks verwagtinge van vordering of openbare aankondigings teen die einde van verlede maand, het geen sulke verwikkelings plaasgevind nie. Fischer noem dat hierdie vertraging betekenisvolle verkiesingshervorming kan benadeel.