Kommer oor veiligheid van gesondheidswerkers gedurende feestyd

Die verplegingsvakbond Denosa in Mpumalanga het kommer uitgespreek oor die veiligheid van verpleegkundiges tydens die feestyd. Met verwysing na vorige aanvalle op gesondheidsorgwerkers, veral gedurende die vakansie, eis Denosa ‘n veiligheidsgebeurlikheidsplan van die Departement van Gesondheid. Hulle kritiseer ook hoe min verpleegkundiges opgelei is, en skryf dit toe aan die departement se versuim om geakkrediteerde subkampusse te voltooi. Cyril Mdhluli van Denosa beskuldig die departement ook van die uitbuiting van verpleegkundiges en onvoldoende maatreëls tydens beurtkrag: