Ongekende voedselkrisis op pad – hier en regoor vasteland

’n Ongekende voedselkrisis dreig in Afrika, met sowat 20 persent van die bevolking wat ondervoed is, terwyl 78 persent nie ’n gesonde dieet kan bekostig nie, volgens ‘n nuwe verslag. Dit het bevind dat die voorkoms van ondervoeding byna 20 persent in Namibië is, terwyl die voorkoms van ernstige voedselsekerheid in die land naby aan 70 persent is. Die verslag het ook bevind dat 60 persent van die bevolking in Namibië nie ‘n gesonde dieet kan bekostig nie. Die sosiale aktivis Rosa Namises het aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik wat dit sal verg om die sosiale wanbalans en hongerte in Namibië die hoof te bied.