Kommer oor toenemende Nam-dwelmsmouse in die buiteland

Die Namibiese polisie het sy kommer uitgespreek oor die toenemende voorvalle waar Namibiërs in die buiteland met dwelms gevang word. Daar was onlangs so voorval so ver as Hongkong toe ‘n 55-jarige Namibiese vrou met 2 kilogram kokaïen gevang is. Dit wil voorkom dat nog ‘n Namibiese vrou op 2 Januarie by die Bole-lughawe in Addis Abeba gevang is met 4,7 kilogram wit poeier wat vermoedelik kokaïen is. Die vrou was onderweg van Sao Paulo in Brasilië na Lusaka, Zambië. Haar identiteit is wyd op sosiale media versprei maar, dit kan nie bekend gemaak word voor owerhede in Ethiopië nie bevestig het dat sy wel aangekla is en verskyn het nie.