SA se volksmoord klag die week aangehoor

’n Voormalige aanklaer van die Internasionale Geregshof, Phakiso Mochochoko, sê Suid-Afrika onderskryf en aanvaar internasionale strafreg in Den Haag oor die volksmoord in Gaza. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het aangekondig dat hy voormalige adjunkhoofregter Dikgang Moseneke genader het om as ‘n ad hoc-lid by die regbank van 15 permanente regters aan te sluit. Suid-Afrika het dade van die Israelse Weermag as volksmoord gedefinieer. Die saak word die week Donderdag en Vrydag in Den Haag aangehoor. Mochochoko sê Suid-Afrika wil hê die oppergesag van die reg moet gerespekteer word: