Kommer oor toename in ontvoerings in Wes-Kaap

Die Wes-Kaapse LUR vir polisie-oorsig en gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê die omstandighede rondom die ontvoering van ‘n 35-jarige vrou van Kaapstad is tans nog onduidelik. Die polisie sê sy is Donderdag ontvoer, toe sy alleen in ‘n motor in Blue Downs was. Daar word verneem sy is ‘n Oekraïnse burger en die vrou van ‘n plaaslike sake-eienaar. Allen doen ‘n beroep op lede van die publiek om meer besorg te wees oor die toename in ontvoerings in Kaapstad.