Kommer oor slenters, diewe, misdaad in verband met sensus

Die Namibiese Statistieke-agentskap sal vanjaar vir die eerste keer sedert 2012 die nasionale sensus hou. Met misdadigers wat altyd op die uitkyk is vir geleenthede om niksvermoedende lede van die samelewing te beroof en te bedrieg, het die korporatiewe kommunikasiebestuurder van die agentskap, Iipumbu Sakaria, sy versekering van veiligheid tydens die sensus gegee. Hy sê Namibiërs hoef nie bekommerd te wees nie, want die sensus is baie belangrik en alle veiligheidmaatreëls is ingestel met die Namibiese polisie wat ook betrokke sal wees. Sakaria het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en bevestig die sensus-beamptes sal duidelik geïdentifiseer word en voertuie sal gemerk wees.