Kommer oor sake-rooftogte Noord-Kaap

Die polisie in die Noord-Kaap het kommer uitgespreek oor die groot aantal sake-rooftogte wat onlangs aangemeld is. Die polisiewoordvoerder, Sergio Kock, sê hierdie rooftogte het ‘n negatiewe uitwerking op individue en sakeondernemings. Hy maan sake-eienaars om meer paraat te wees.