Kommer oor SA se katoen-oes na swaar reën
Katoen Suid-Afrika sê weens hoë reënval en hael wat boere se lande beskadig het, sal katoenopbrengste vir die 2022-seisoen laer wees en met 13 persent val. Die bedryf bereken dit kan vanjaar slegs sowat 68 000 lintbale katoen lewer. Katoen word in Suid-Afrika hoofsaaklik in die noordelike dele van die land, in die Noord-Kaap, Noordwes, en Limpopo, verbou. Katoen SA waarsku die huidige droogtetoestande in seker verbouingsgebiede kan druk op uiteindelike opbrengste plaas.