Kommer oor robgetalle, oeskwotas

Plaaslike berigte lui dat daar kommer is oor die toenemende robbevolking aan die Namibiese kus en dat dit ‘n dreigement inhou vir die visbedryf. Luidens die berigte is daar tans 1,4 miljoen robbe. Die regering het onlangs die kwota vir die jaarlikse rob-oes bekend gemaak en 80 000 welpies en 8 000 bulle beskikbaar gestel. Die minister van visserye Derek Klazen sê die grootste uitdaging op die oomblik is dat die oes van die robwelpies, wat tien keer die getalle bulle is, nie finansieel vatbaar is nie en dat die mark vir bulle beter vertoon. Daar is ‘n baie groot Chinese mark van die liggaamsdele van die bulle wat vir tradisionele medisyne aangewend word. Die jaarlikse oes van die robbe lok baie groot kritiek uit van veral diereregte groepe.