Kommer oor nóg werksverliese

Volgens bronne in die Namibiese arbeidsektor, is meer as 500 werknemers weens die Covid-pandemie tussen April en Junie landwyd afgedank wat tot ‘n ekonomiese insinking kan lei. Daan Strauss, sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersfederasie, sê daar heers inderdaad kommer, want as die ekonomie nie spoedig herstel nie, gaan nog werksverliese gely word.