Kommer oor noedels in Suid-Afrika

Die Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid het ‘n ondersoek begin na moontlike voedselvergiftiging in Mpumalanga, die Oos-Kaap en Gauteng nadat kinders wat glo noedels geëet het, dood is. ‘n Span omgewingsgesondheids-deskundiges het verskeie items bymekaargemaak wat met die verdagte produkte verband hou en het alles na ‘n laboratorium gestuur. ‘n Woordvoerder van die departement, Foster Mohale, sê die publiek moet enige verdagte voedselprodukte by die plaaslike owerhede aanmeld.