Kommer oor moorde van polisiebeamptes

Die Suid-Afrikaanse Polisie en Gevangenis-vakbond Popcru sê die voortgesette moorde op polisiebeamptes bly ‘n groot bekommernis en ondermyn die behoorlike funksionering van die Strafregspleginggroep. Meer as 70 polisiebeamptes is vanjaar in die land vermoor. Volgens die woordvoerder van Popcru, Richard Mamabolo, is polisiebeamptes nou geteikende slagoffers. Hulle herhaal hul oproep dat die polisie se veiligheidstrategie en plan dringend hersien word: