Kommer oor malaria in die noordelike streke

Malaria bly ‘n wesenlike uitdaging, veral in die noordelike streke, en terwyl voorspellings vir reën yl is, het die gebiede neerslae gehad. Veral in die sentrale nooderlike gebiede is staande water, bekend as oshanas, ‘n groot probleem. Die gesondheidsministerie het onlangs aangekondig dat 29 gevalle op Oshakati bevestig is in Desember, vier meer as verlede jaar en mense is aangemoedig om voorsorg maatreëls, behalwe vir die amptelike besproeiing, te neem. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Richard Kamwi, van die Eliminate Malaria-veldtog en oudgesondheidsminister gesels.