Blade verwerp aantygings oor studentegeld

Die Suid-Afrikaanse minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, het, wat hy noem, kwaadwillige bewerings in uitgelekte opnames wat deur die Organisasie teen Belastingmisbruik geopenbaar is, verwerp. Nzimande het die publiek verder verseker hy het nog nooit enige geld van die departement se instellings gebruik om die Suid-Afrikaanse Kommunistaprty te befonds nie. Die departement se woordvoerder, Veli Mbele, sê die minister bestempel die bewerings in die uitgelekte verslag as roekeloos en grootliks gebaseer op ‘n skinderveldtog en meen dit is ‘n poging om die gladde begin van die 2024 akademiese jaar te ondermyn.