Kommer oor impak van beurtkrag op lykshuise

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister Joe Phaahla het onthul daar is 1 777 onopgeëiste liggame in staatslykhuise in vyf provinsies. Die meeste is in KwaZulu-Natal met ‘n geraamde 1 362. Noordwes volg met 174, Limpopo met 136, Mpumalanga met 54, en die Noord-Kaap met 51. Die gesondheidsdepartement, plaaslike munisipaliteite en die polisie voer gesprekke oor opsporingspogings. Phaahla het ook gepraat oor die kommer van beurtkrag wat die lykshuise raak. Hy sê maatreëls soos rugsteun-kragopwekkers is ingestel.