Kommer oor groot dele van die wêreld wat nie geënt is nie

Die Wêreldbank sê dit is uiters kommerwekkend dat ‘n groot dele van die wêreld nog steeds nie teen Covid-19 ingeënt is nie. Bykans 4 miljard dosisse is reeds wêreldwyd toegedien. Maar lande met ‘n lae-inkomste kon weens ‘n gebrek aan voorraad nog net 1,5 dosisse vir elke 100 mense toedien. Mamta Murthi van die Wêreldbank sê die armste lande word té ver agtergelaat in pogings om bevolkings in te ent: