Kommer oor geweld in verkiesing in Sierra Leone

Verkiesingswaarnemers in Sierra Leone het kommer uitgespreek oor voorvalle van geweld en intimidasie in die aanloop tot môre se presidensiële verkiesing. Minstens een persoon is vandeesweek dood in geweld by die hoof-opposisieparty se hoofkwartiere. President Julius Maada Bio wil vir ‘n tweede termyn verkies word. Verkiesings-waarnemers het ‘n beroep op alle politieke partye en kandidate gedoen om te verseker dat die verkiesing vreedsaam is. Dit is die vyfde presidensiële verkiesing in Sierra Leone sedert ‘n 12 jaar lange burgeroorlog wat meer as 50 000 lewens geëis het