Kommer oor dronkbestuur, maar Windhoekers het hulle gedra

Alhoewel minder padongelukke, sterftes en beserings hierdie feesseisoen op Namibiese paaie aangemeld is, heers kommer oor motoriste wat onder die invloed van alkohol bestuur. Net in die Oshana-streek is 64 mense in hegtenis geneem omdat hulle tydens die feestyd onder dronk bestuur het en verkeersboetes van meer as 1,8 miljoen Namibiese dollar is aan 1 924 verkeersoortreders uitgereik. Die hoofstad het ‘n baie stil feestyd ervaar en gevalle van dronkbestuur het drasties afgeneem, sê sersant Marcelline Murapo van die Windhoek Stadspolisie.