Kommer oor Calland op Phala Phala-komitee

Die DA en EFF wil hê die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, moet professor Richard Calland van die Universiteit van Kaapstad se aanstelling op die Phala Phala-paneel heroorweeg. Die paneel is aangestel om te bepaal of President Cyril Ramaphosa moet antwoorde verskaf oor die diefstal op sy wildplaas in Limpopo. Die ander twee lede op die paneel is die voormalige hoofregter, Sandile Ngcobo, en afgetrede regter Thokozile Masipa. ‘n DA-woordvoerder, Siviwe Gwarube, sê Calland het in openbare gesprekke getoon dat hy ten gunste van Ramaphosa is: