Komitee gestig vir haweloses by sportstadions in Windhoek

’n Komitee wat verskillende Namibiese ministeries betrek, is saamgestel om die kwessie van haweloses wat by die Katutura-stadion, sowel as die Khomasdal-stadion gehuisves word, aan te spreek. In 2020 is haweloses weens Covid-19 by ons sportstadions gehuisves, maar hulle het nou ’n probleem vir die ministerie van sport geword, omdat atlete nie toegang het tot alle geriewe soos die stadion in Katutura nie. Honderde mense sonder skuiling uit die Khomas-streek is tydelik na die Katutura-jeugkompleks en Khomasdal-sokkerstadion verskuif gedurende die duur van die destydse inperking van die Khomas- en die Erongo-streke, maar die getal het toegeneem. Agnes Tjongarero die Namibiese minister van sport sê hierdie haweloses word ‘n probleem vir die ministerie.

Tjongarero sê boonop verhoog die hawelose ook die ministerie se water- en kragrekening.