Kom skenk bloed in Swakop!

Die Bloedoortappingsdiens van Namibië doen ‘n beroep op alle kwalifiserende bloedskenkers in die land om gereeld bloed te skenk in ‘n poging om te help verseker dat die lewens van duisende pasiënte gered kan word in aanloop tot die feesseisoen. Daar sal môre in Swakopmund ‘n bloedskenk kliniek aangebied word by Platz Am Meer, langs Crazy Stores, om die bloedreserwes vir hospitale in Swakopmund te help opbou. Die kliniek sal vanaf 9-uur die oggend tot 1-uur die middag oop wees. Die bloedreserwes is laag, met veral die O-positief en O-negatief bloedgroepe wat die meeste geraak word. Dit beteken dat bloedbanke en hospitale net genoeg bloed het vir ‘n paar dae, as daar nie aansienlike verdere bloedskenkings gedoen word nie. Kosmos 94.1 het met die Bloedoortappingsdiens se woordvoerder, Titus Shivute, gepraat.