Kom geniet Kersfeesmark in Windhoek!

Die Stad Windhoek nooi inwoners uit om sy Kersfeesmark te kom geniet, wat vanjaar van 8 tot 10 Desember in die middestad in en om Zoo Park aangebied sal word. Die mark sal van 9-uur die oggend tot 10-uur die aand oop wees en die burgemeester, Joseph Uapingene, sal die Kersfeesliggies op Vrydag, 8 Desember aanskakel. ‘n Kersliedjies by Kerslig-program sal op Sondagaand, 10 Desember die mark afsluit. Kosmos 94.1 Nuus het meer besonderhede gaan uitvind by die woordvoerder van die Stad Windhoek, Celie Kapolo.