Rosalynn Carter word ter ruste gelê

Die gewese Amerikaanse presidentsvrou Rosalynn Carter word vandag by haar huis in Georgia ter ruste gelê. Sy is op 96-jarige ouderdom oorlede. Carter word geloof vir haar unieke humanitêre erfenis tydens haar tyd in die Withuis. Die begrafnisdiens vind plaas in die Maranatha Baptistekerk waar haar man, Jimmy, ‘n Sondagskool-onderwyser was. Carter het vroeër uitdruklik die wens uitgespreek dat sy en die gewese president langs mekaar begrawe moet word naby ‘n dammetjie waar hulle kosbare tye deurgebring het.