Koeberg-kernkragstasie goed vir nog 20 jaar

Die buurland se elektrisiteit-minister, Kgosientsho Ramokgopa, sê die Koeberg-kernkragstasie in Kaapstad se Eenheid Een is op volle sterkte nadat hy sy verwerpingstoets geslaag het, en sal vir die volgende 20 jaar elektrisiteit opwek. Ramokgopa het op ‘n nuuskonferensie gepraat oor die instelling van die energie-aksieplan. Die eenheid is in November suksesvol met die netwerk geïntegreer nadat langtermyn instandhouding en die vervanging van stoomopwekkers gedoen is. Ramokgopa sê Suid-Afrika se enigste kernkragstasie het ‘n vermoë van 1 860 megawatt, ongeveer vyf persent van die elektrisiteit wat Eskom opwek.