Koeberg kan moontlik lisensie teen ’24 verloor

Die voortslepende uitdagings by die Koeberg-kernkragaanleg en die onderhoud-probleme by sommige steenkool-kragstasies in die buurland, dui op ‘n krisis in die kragaanleg-bestuursproses. Dit is die mening van Kevin Mileham van die DA. Eskom is in ‘n desperate wedloop teen tyd om seker te maak ‘n projek van vyf-miljard-rand om ses verouderde stoomopwekkers by Koeberg in Kaapstad te vervang, word nie verder vertraag nie. Mileham sê die hernuwing van Koeberg se lisensie om ná 2024 bedryf te word, is in gedrang: