Koebaai aan TV-lisensies in SA  

Die departement van kommunikasie en digitale tegnologie in die buurland sê dit sal drie tot vyf jaar duur om TV-lisensies geheel en al om te skakel. Die departement het voorgestel die regering moet ‘n huishoudelike heffing vir televisie-eienaars oorweeg wat lisensies sal vervang. Die insameling van TV-lisensiefooie is ‘n reuse-uitdaging en die jongste data dui daarop net 21 persent van die 10 miljoen lisensiehouers betaal wel. Minister Khumbudzo Ntshavheni sê die Nasionale Tesourie het ingestem die parlement moet die besonderhede van die voorgestelde omskakeling nou afhandel.