Koebaai A330’s

Die likwidateurs van Air Namibia, Ian McClaren en Dave Bruni het bevestig dat Air Namibia se twee Airbus A330 vliegtuie, V5-ANO en V5-ANP, op pad is na Leipzig in Duitsland. Hulle is oorgegee met die likwidasie van Air Namibia. Die Hoërhof Regter Kobus Miller het die redery op 26 Maart gelikwideer. Die twee vliegtuie was Air Namibia se grootste las met ‘n beraamde koste van 2,5 miljard Namibiese doller wat betaal moet word met die beëindiging van die huurooreenkoms, 4 jaar vroeër as wat onderteken was. Volgens die 12-jaar ooreenkoms met Castlelake wat in 2013 onderteken is, moet volle betaling vir die termyn geskied sou dit vroeër beëindig word.