Kobus Wiese dankbaar vir ‘n tweede kans na hartaanval

Die bekende televisiekommentator en oud Springbokslot Kobus Wiese sê hy is dankbaar vir die waarskuwing, en nederig vir al die ondersteuning, en hy sal ‘n paar kilo’s moet afskud. Wiese het verlede week ‘n hartaanval oorleef. Hy het aan die media gesê dat hy die Here dank vir ‘n tweede kans in die lewe.